Home

Karen Swanepoel

My wens is dat elkeen wat hierdie boek lees, aangeraak, bemoedig en geïnspireer sal word deur my verhaal; dat elke leser sal ráák lees dat daar ten spyte van die ontsaglike verlies, pyn en swaarkry wat ek moes deurmaak, daar tog ’n goue draad van genade en hoop regdeur my lewensverhaal verweef is; dat jy ’n nuwe perspektief op jou eie swaarkry en pyn sal kry; dat jy sal volhard om jou eie pynpad te stap; dat jy deur die pynlike proses sal groei ten einde jou lewensroeping en skeppingsdoel te bereik.

Ek bid dat jy genade sal ontvang in jou reis na heelwording; dat jy ’n reënboog na jou storm sal ontvang en dat jy ook weer ’n loflied sal kán sing.

“If you only carry one thing throughout your entire life, let it be hope. Let it be hope that better things are always ahead. Let it be hope that you can get through the toughest of times. Let it be hope that you are stronger than any challenge that comes your way. Let it be hope that you are exactly where you are meant to be right now, and that you are on the path to where you are meant to be . . . Because during these times, hope will be the very thing that carries you through.”

– Nikki Banas