


“Ek sal weer ʼn loflied sing” is Karen Swanepoel se aangrypende lewensverhaal van ondenkbare verlies, pyn en hartseer, maar óók ʼn verhaal van oorvloedige genade en seën, ʼn hoopvolle verwagting, en ʼn reënboog na die storm.
Sy neem jou op haar reis van gebrokenheid, na genesing en aanvaarding, en deel die gereedskap wat haar bemoedig en versterk het om die pynpad end-uit te kon stap.
Dwarsdeur die storm was God haar bron van krag, haar anker en haar rots.”She looked back and marveled how far she had come… She didn’t wonder how she made it… She already knew the answer. Only with God’s help has she powered through. For without his strength she could do nothing.”
– Godfruits
Wat sê lesers van die boek?
Wie moet die boek lees?
“Hierdie is beslis ’n boek wat ’n ieder en elk wat ’n geliefde verloor het, kán en móét lees. Jou boek sal menige op hul eie moeilike en hartseer pad bemoedig totdat hulle ook weer ’n loflied sal sing.”
– Anna-Mart van der Merwe
“Dit is die ideale geskenk om vir iemand te gee in daardie gevalle waar jy iemand wil troos, maar woorde ontbreek.”
– Marilize Swart
“Hierdie is absoluut ’n spogboek wat ek verseker sal aanbeveel. Dit is opreg en uit die hart geskryf. Absoluut ’n MOET om te koop en te lees.”
– Annelie Gericke
“Hierdie boek is ’n waardige toevoeging tot enige persoon se private biblioteek – hetsy in druk of in elektroniese formaat.”
– Johan Crous
“Ek beveel hierdie boek aan vir persone wat geliefdes aan die dood afgestaan het; vir maatskaplike werkers, beraders, sielkundiges, en ander professionele persone om hulle kennis te verbreed; en vir enigiemand wat iemand wat rou wil bystaan.”
– Nelia Drenth
“Ek wens ek kon hierdie boek in die hande van elke liewe persoon wat nie in God glo nie, laat beland. Maar ek weet dat God sal sorg dat hierdie boek van jou by elke mens wie se hart Hy wil aanraak, uitkom.”
– Janca Buys
“Ek is oortuig daarvan dat jou boek baie sal beteken vir mense wat deur beproewings gaan.”
– Hennie Schutte
“Jou boek is ‘n móét vir enigiemand wat met vrae oor swaarkry en hartseer worstel.”
– Sune Pienaar
