Karen Swanepoel

Op 10 Januarie 2012 het die ondenkbare gebeur.  ’n Afgryslike motorongeluk het my man en albei ons kinders se lewens geëis. Ek is met ernstige beserings in die intensiewe sorgeenheid opgeneem.

Vyf weke na die ongeluk, toe ek genoegsaam van my beserings herstel het om die roudiens te kon bywoon, het die Here ‘n belofte aan my gemaak dat ek weer ‘n loflied sal sing.

Ek is vas oortuig daarvan dat die Here my lewe in die ongeluk gespaar het sodat ek hierdie boek kon skryf, en my emosionele reis na heling en hoe die Here my gedra en voorsien het totdat ek weer ‘n loflied kon sing, met ander kon deel.

My opregte wens is dat elkeen wat hierdie boek lees, aangeraak, bemoedig en geïnspireer sal word deur my verhaal; dat elke leser sal ráák lees dat daar ten spyte van die ontsaglike verlies, pyn en swaarkry wat ek moes deurmaak, daar tog ’n goue draad van genade en hoop regdeur my lewensverhaal verweef is; dat jy ’n nuwe perspektief op jou eie swaarkry en pyn sal kry; dat jy sal volhard om jou eie pynpad te stap; dat jy deur die pynlike proses sal groei ten einde jou lewensroeping en skeppingsdoel te bereik.

 

Ek bid dat jy genade sal ontvang in jou reis na heelwording; dat jy ’n reënboog na jou storm sal ontvang en dat jy ook weer ’n loflied sal kán sing.

 

“If you only carry one thing throughout your entire life, let it be hope. Let it be hope that better things are always ahead. Let it be hope that you can get through the toughest of times. Let it be hope that you are stronger than any challenge that comes your way. Let it be hope that you are exactly where you are meant to be right now, and that you are on the path to where you are meant to be . . . Because during these times, hope will be the very thing that carries you through.”

 

– Nikki Banas